Aileen Wuornos | ||
'n Polisiefoto van Wuornos. | ||
Gebore | [1] | 29 Februarie 1956|
Oorlede | 9 Oktober 2002 (op 46) | |
Rede vir dood | Dodelike inspuiting | |
Land | VSA | |
Bynaam | Sandra Kretsch Susan Lynn Blahovec Lee Blahovec Cammie Marsh Greene Lori Kristine Grody[1] | |
Misdaad | Reeks moorde | |
Misdaadbesonderhede | ||
Plek | Florida | |
Datum(s) | 30 November 1989 – 19 November 1990 | |
Slagoffers | 7 | |
Vonnisbesonderhede | ||
Aangekeer | 9 Januarie 1991 | |
Vonnis | Doodstraf |
Aileen Carol Wuornos (geb. as Aileen Carol Pittman, 29 Februarie 1956 – 9 Oktober 2002) was ’n Amerikaanse reeksmoordenaar wat tussen 1989 en 1990 sewe mans in Florida vermoor het. Wuornos het beweer die slagoffers het haar óf verkrag óf probeer verkrag terwyl sy as ’n prostituut gewerk het en dat dit in al die gevalle selfverdediging was. Sy is die doodstraf opgelê vir ses van die moorde en is op 9 Oktober 2002 met ’n dodelike inspuiting tereggestel.